top of page

Goeie immuniteit


Veelsydige vesel

Kopkrapper: Watter enkele orgaan huisves 60% van jou immuniteit?

Jou dermkanaal, oftewel spysverteringstelsel.

Immuniteit eenvoudig gestel is jou liggaam se weermaglinie om al die vyande uit te hou of onder beheer te hou.

En soos wat ons sê ” ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde verstand”, kan ons sê dat iemand met ” ‘n gesonde verstand sal sorg vir ‘n gesonde dermkanaal” om goeie immuniteit te hê. ‘n Gesonde dermkanaal word gekenmerk deur effektiewe vertering en uitskeiding, optimale immuunreaksies, minimale inflammasie en die afwesigheid van siekte. Een van die heel belangrikste rolspelers in die handhawing van dermgesondheid, is die bakterieë in die derm. Soos in die lewe, is dit ‘n magstryd tussen die goeie bakterieë en die slegte bakterieë en die wenner, bepalend van ‘n goeie of slegte uitkoms.

Om jou goeie “goggas” gelukkig te hou is dus ‘n baie belangrike faktor in dermgesondheid, jou immuniteit en gevolglik algehele gesondheid. Vesel is die antwoord, want dit voorsien die voedsel en gepaste omgewing vir die bakterieë om in te funksioneer. Vesel kom net in plante voor. ‘n Baie vereenvoudigde definisie sal wees enige plantmateriaal wat die menslike spysverteringstelsel nie kan verteer nie.

Vesel kom in verskillende vorms voor en almal het baie belangrike en unieke eienskappe. Die voedsel met die hoogste veselinhoud is volgrane. Groente en vrugte is ook goeie bronne, maar weens hulle hoë waterinhoud voorsien hulle per gram minder vesel as volgrane.

Voorbeeld

120g appel 2.6g vesel

37g of 1 sny Sasko, lae GI, vol koring,bruiwn brood

(1/3 of the apple’s weight)

→120g van die brood sal dus 9g vesel gee 2.8g vesel

*Waardes geneem uit die South African Glycemic Index and Load Guide 2013 – 15 edition

Reël nommer 1 van gesonde eetgewoontes is om ‘n verskeidenheid kossoorte te eet; dit verseker ook dat die spektrum van verskillende soorte vesel gedek word. Reël 2 sê kies voedsel so na as moontlik aan hul oorspronklike of natuurlike vorm. Heel, intakte grane is die beste bronne van gebalanseerde vesel en hul gepaardgaande voordele. Tipiese voorbeelde is mielies, gort, stampkoring, bruinrys ens.

Verskeie verwerkte voedsel met ‘n hoë veselinhoud is ook beskikbaar soos All-Bran, Pronutro, Future Life, lae GI brood, Provitas, springmielies ens. Hulle dra by dat ons totale daaglikse veselinname voldoende is. As ons eg 2 reëls toepas sal ‘n voorbeeldspyskaart van ‘n tipiese dag as volg daar uitsien:

Ontbyt Hawermout met lae vet melk

Versnapering Tuisgemaakte semelmuffin, naartjie

Middagete LaeGI broodjie met tunamayonnaise, appel

Vesnapering Springmielies, piesang

Aandete Kerriemaalvleis met bruinrys, groenbone en mengelslaai

Aangesien vesel ‘n krities belangrike rol in gesondheid speel en voorkomend is t.o.v verskeie lewenstyl siektes, is dit ‘n goeie belegging in jou kind se gesondheid om ‘n hoë vesel eetpatroon vas te lê. In die volgende Kosrubriek sal ons kreatief raak met die implementering daarvan

Recent Posts
bottom of page