top of page

Onttrek jy meer as wat jy deponeer? (Anru Liebenberg)

(Oorspronklik 18 September 2020 gepubliseer)



Almal van ons hou meer van spandeer as deponeer, nie waar nie?

Ons word gereeld so gekondisioneer deur die wêreld waarin ons leef: Jy verdien die beste. Die wêreld is jou oester. As jy nie tevrede is met ‘n diensverskaffer of organisasie nie, maak ‘n skuif. Maak skuld; jy verdien hierdie produk, en jy verdien dit nóú!

Die stemme wat ons uitnooi om eerder aan ander te dink, om ‘n hoë premie te betaal aan verhoudings, om om te sien na dié wat swaarkry, om hard te werk ter wille van iets groter as die eie-ek, is baie stiller.

Die meeste van ons landsburgers assosieer met die Christengeloof, maar ons land loop nie altyd oor van selfopoffering nie. Ironies, nè?

As ons droom oor ‘n samelewing waar almal saam floreer, ‘n samelewing wat elke lewe as kosbaar ag, ‘n samelewing waar almal veilig en geborge voel, dan gaan ons moet leer om meer te deponeer.

Ons eerste deponeringspunt is ons eie huise. Met kinders wat verstaan dat hul deel van ‘n sisteem is. En vir hierdie sisteem om glad te verloop, moet elkeen haar deel doen. Elkeen moet deponeer. Boetie of Sussie hoef dalk nie soveel soos Ma of Pa te deponeer nie, maar in hierdie sisteem kan daar ongelukkig nie nét onttrek word nie. Inteendeel. In hierdie sisteem leer ons elke dag dat om te deponeer, beter is as om te onttrek.

Ons almal sal soveel beter af wees as ons mekaar daaraan herinner dat om raakgesien te word, hoef ek nie heel voor of op ‘n platform te staan nie. Om raakgesien te word, moet ons almal net leer om mekaar in die oë te kyk.

Comments


Recent Posts
bottom of page