top of page

Staan op..en BEWEEG!


Kinders het beweging nodig om fisiek, emosioneel, sosiaal en intelektueel te ontwikkel. 'n Kind moet hardloop, spring, rol, vang, skop, klouter. Dit is wat hy broodnodig het vir sy gesondheid. Hipokinetiese siektes, is siektes a.g.v 'n gebrek aan beweging. Dit sluit siektes in soos Diabetes, Hartaanval, Beroerte, Lae rugpyn, Vetsug. GROOTMENSSIEKTES? Wat kommerwekkend is, is dat hierdie tipe siektes al hoe meer gediagnoseer word onder kinders.

Ons kinders sit te veel en eet verkeerd (en Volwassenes)!Die beste geskenk wat jy as ouer aan jou kind kan gee is 'n liefde om te beweeg. Kweek dit van kleins af by jou kind. Jou voorbeeld as ouer is die belangrikste. Staan self op vanaf die rusbank en begin BEWEEG!

En ..nee, jy hoef nie nou by 'n gym te gaan aansluit, of jou kind by een of ander aktiwiteit te gaan inskryf nie. Begin sommer daar in jou eie huis, tuin,buurt. Trek jou tekkies aan en gaan stap om die blok. Gooi en vang 'n bal. Blaas 'n ballon op en kyk hoe lank kan jy en jou kind die ballon in die lug hou. Dans saam jou kind op lekker musiek, skop 'n rugbybal, doen 'n staproete. Stap na die winkel en gaan koop melk. Spring op die trampolien, sny die gras, plant 'n boom, stofsuig die huis. Belê in jou kind se gesondheid!

Die tegnologies ontwikkelde wêreld waarin ons vandag leef maak ons en ons kinders al hoe meer passief. Wees stroomop, neem weer eienaarskap oor jou kind se ontwikkeling.....Beweeg!Kinders

Recent Posts
bottom of page