top of page

Druk om te presteer

“Daar is soveel druk op die kinders om te presteer”, is ‘n versugting wat ‘n mens toenemend by grootmense hoor. Ouers spreek hul kommer uit, familie spreek hul kommer uit, skole spreek hul kommer uit en die kinders self val ook in met hul weergawe van die hoeveelheid druk wat op hulle geplaas word.

Wat vir my baie interessant is, is dat druk altyd bespreek word asof dit ‘n ervaring is wat “elders” geïnisieër word en wat waaraan daar nie regtig iets gedoen kan word nie. Mense het as’t ware ‘n slagoffer mentaliteit ontwikkel wanneer daar oor druk gepraat word.

Druk het die swartskaap geword van die samelewing, die hoekie waarheen probleme gevee word om daar te gaan lê. Die indruk word geskep dat druk van iewers af kom – definitief nie van my af nie – en dat die beste wat ‘n mens wat daarmee gekonfronteer word kan doen, is om sterk te staan en om te hoop dat dit van iewers af verlig gaan word.

Ek wil graag begin met ‘n ernstig aanvegbare stelling en ‘n versoek dat u klaar moet lees voordat die stelling weerspreek word.

My stelling is naamlik dat druk om te presteer goed kan wees vir ‘n mens, ek sal selfs so ver gaan om te sê dat dit nodig is. Gesonde druk kan lei tot wonderlike effektiewe resultate wanneer dit nodig is. Ek kan ‘n blikkie kondensmelk vir ‘n lang tyd in ‘n gewone kastrol kook, of ek kan ‘n pot boontjiesop lank laat prut en ek sal die hopelik die verlangde eindprodukte kry (as my geduld hou), maar soms het ek doodgewoon nie die tyd nie en is ‘n drukkoker nodig sodat ek dieselfde eindproduk vinniger kan kry.

My eerste stelling word gevolg deur ‘n maar. Soos wat enige mens weet is die belangrikste deel van ‘n sin die deel wat na die maar…, omdat…, en tog….. volg. Druk moet bestuur word. Ek kan nie regtig die drukkoker “full blast” aan die werk kry en wegstap nie, die hitte, druk en tyd moet met kundigheid bepaal word en gekontroleer word – anders kan ‘n kombuis-ramp en ernstige opruiming my voorland wees.

Dis nou maklik gesê, wie moet die druk bestuur as ek nie eers heeltemal weet wat dit veroorsaak nie? Goeie-goeie vraag! ‘n Mens moet jou vyand ken as jy hom wil beveg en die vyand in die geval van druk is die “drukker” en die mate van druk. Jy kan dit nie so sito-sito en slagoffer-slagoffer benader en hoop vir die beste nie, jy moet jouself gereed maak vir die oorlog.

Soms is die persoon wat die druk ervaar so oorweldig dat dit nodig is dat iemand anders moet intree en ondersteun ten einde perspektief te kry oor die druk wat ervaar word. Dit is waar ouers moet intree.

Vraag 1: Wie of wat veroorsaak die druk / wat is die bron van die druk.

Dit is belangrik dat die werklike oorsprong van druk bepaal word. As verstellings gemaak moet word, moet ‘n mens immers eers uitvind waar die skakelaar is.

  • ‘n Eerlike antwoord is nodig. Dit is maklik om byvoorbeeld te sê dat dit die ouers is, maar soms is dit nie die ouers nie – soms leef die ouers eintlik net die verwagtings van die kind uit. Net so maklik is dit om die skool te blameer. Die vraag is dan of die skool werklik die druk genereer. Is dit nie dalk die kind wat die druk van skool se kant “ervaar” terwyl hy eintlik homself druk om te kan inpas of aanvaar te word nie? Kyk na die volgende moontlike bronne – en vul dit aan volgens eie ervaring:

  • Die kind self

  • Die ouers

  • Die familie

  • Verwagtings wat gestel word (deur wie?)

  • Die skool

  • Die gemeenskap

  • Maats

Wanneer ons weet wie die druk genereer, kan ons na die volgende vrae gaan.

Sommer net vir die lekkerte van die woord gaan ons die party(e) wat hier aangedui is die “sondebok” noem :-) Die sondebok is dus die oorsaak van die druk wat ervaar word.

Vraag 2 ....... Vervolg

Recent Posts
bottom of page