Jou denke is JOU keuse!
- Jan-Hendrik Lategan
- Feb 2, 2016
- 2 min read
Op een of ander tyd is almal 'n bietjie gespanne, het hulle stres of ly hulle aan depressie. En
om die een of ander rede is dit een van daardie dinge waarmee ouderdom niks te doen het nie.
Dit gebeur ook dat tieners vanweë al die druk wat op hulle geplaas word bykans daagliks voor
stres, depressie of spanning te staan kom.
Daar is groepdruk, druk van jou ouers se kant af, die skool en dít wat jy natuurlik op jouself
plaas.
Dra ek die regte klere, lyk ek goed daarin, lyk ek goed genoeg en is my hare in die regte
kapsel, is 'n paar van die dinge wat julle oor julself bring.
Nie dat dit verkeerd is om druk op jouself te plaas nie, of dat dit altyd jou skuld is nie. Dit bly
'n feit dat die samelewing deels daartoe bydra dat veral tieners hulle met soveel dinge belas.
Stres kan veroorsaak dat jy onseker oor jouself begin voel en kan aanleiding gee tot depressie.
Depressie het weer verskeie grade wat 'n ou meer en meer kan aftakel.
Daagliks hoor ons van tieners wat selfmoordbriefies agterlaat waarin hulle meld dat hulle nie
meer gelukkig was met hulself nie. Dit dui direk daarop dat depressie 'n belangrike rol gespeel
het in die besluit om hul lewe te neem.
Volgens die boek A Parent's Guide to Childhood and Adolescent Depression ly ongeveer ses
miljoen kinders onder die ouderdom van 18 jaar aan depressie.
Soms klink dit mos tog te cool om te sê jy is depressed. En of jy dit nou gaan erken of nie, die
meeste tyd is dit onnodige dinge wat jy op jouself pak.

Hier is 'n paar kenmerke van tieners wat stres het.
'n Insinking wat jou skoolwerk betref
Sukkel om te konsentreer of om helder te dink
Ge¨rriteerdheid of 'n ``kwaad vir die wêreld''-houding
'n Aanhoudende gevoel van pyn en hartseer wat net nie wil weggaan nie
'n Onvermoë om besluite te neem
'n Verandering in slaap- en eetgewoontes
As jy dink en voel jy is niks werd nie
Oormatige skuldgevoel
Impulsiewe houding; jy oorweeg nie meer besluite nie
Dit is ván die dinge wat jy ervaar as jy baie gespanne is.
Stres word nie altyd veroorsaak deur te veel druk nie. Soms kan dit juis wees vanweë te min
druk, veral as dit lyk asof jou ouers nie juis in jou doen en late belangstel nie, of nie werklike
gevoelens teenoor jou openbaar nie.
Met alles wat na jou kant toe gegooi word, lyk dit soms eenvoudig te moeilik om weer na bo
te swem. Net wanneer dit voel asof jy kan asemhaal, kom dinge weer neer op jou.
Maar met al dié dinge in ag geneem, moet jy onthou dat niemand en niks jou werklik kan
``afdruk'' as jy dit nie self toelaat nie.
Jy kan nie geforseer word om op 'n sekere manier te dink nie, dis jou keuse. Jou denke word
dalk deur ander be¨nvloed, maar niemand kan vir jou 'n bloudruk gee en sê van nou af sien en
dink jy op dié manier nie.
Aangepas uit artikel van 2001/11/13 van Die Burger
Comments